NewsNews

Oom Lood was só ‘n deel van Parys

Hy was só 'n deel van Parys.

Iemand wat altyd met dag en datum ‘n staaltjie kon vertel van die dorp en sy mense vir wie hy so oneindig lief was – of dit nou die sakekamer of die dorp se rugbyspan was. ‘n Groot sakeman en eiendomsagent, maar ook liefhebber van saalperde. ‘n Man vir wie die groei van Parys belangrik was. Sy dorp waarna hy so graag sou verwys as – Parys tuindorp, prag van die Vaal.

Nooit het hy nagelaat om te kom groet, altyd met ‘n foto of ‘n ietsie om te vertel wanneer hy dorp toe sou kom en eers by die Gazette se kantoor kom inloer het. Hy’t altyd net die mooi in ander raakgesien. Altyd reg gewees om aan te moedig. ‘n Tevrede mens. ‘n Positiewe mens. ‘n Mens wie se karakter onmiskenbaar gevorm is deur ‘n diepe geloof in sy Skepper en sy medemens.

Hy was nie een vir aansien nie. Oom Lood was oom Lood – eerlik en opreg – so onthou ek die skraal figuur as hy so dikwels by my kantoor sou instap. Altyd ‘n glimlag, altyd met die hoedjie op die kop en bruin aktetas in die hand.

Of dit langs die  arena by die skougronde was, of besig om iemand ‘n plaas of eiendom te wys – sy liefde vir sy dorp en die mense het uit hom gestraal.

Parys en sy mense salueer ‘n groot  man ‘n ware heer, wat  gister, Dinsdagaand 3 April oorlede is, net 20 dae dae voor sy 93ste verjaardag.

Parys Gazette se personeel en sovele andere sal oom Lood nooit vergeet nie.

Ons innige medelye met die familie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button