Kunstefeesmark bied groot verskeidenheid dié naweek
Soek jy iets om te doen die naweek? Maak dan seker jy is Saterdag 7 April vanaf 09:00 tot 21:00 in Parys vir die Art on the Bank kunstefeesmark by Egweni, Van Collerstraat 2, langs die R53 brug oor die Vaalrivier. Langer ure, meer stalletjies, natuurskoon soos jy net in Parys kan kry.

Die Hartelusmark elke eerste Saterdag van die maand in Parys is reeds alom bekend vir die heerlike kuier langs die Vaalrivieroewer met ‘n verskeidenheid van stalletjies en lekkernye. Hierdie Saterdag is die mark egter selfs nog groter met ‘n verskeidenheid van vermaak, heelwat kuns en addisionele stalletjies al langs die rivieroewer tot by die Grewarlaan-hek. Selfs van die beste Rock-groepe van vanjaar se NWU Jool, plaaslike talent, gumboot dansers, ‘n Marimba-orkes, Spaanse danse en baie meer sal kleur aan die markdag gee.
Om 14:00 die middag word die ArtDog kunswerk gemaak deur nagenoeg 150 honde wat Maandag 2 April hul pootafdrukke op die kunswerk verewig het, opgeveil ten bate van die Parys DBV. Dankie ook aan skilder Hennie Kruger wat seker gemaak het die kunswerk is ‘n meesterstuk.
Daar is nog kunsstalletjies beskikbaar vir Saterdag se mark. Uitstallers kan 082 375 8361 of 082 641 9618 skakel.



