Baie strate in die dorp is pikdonker snags as gevolg van straatligte wat buite werking is. Dit bemoeilik patrollering en skep ideale omstandighede vir misdaad.
Daarom vra die GPF en SAPD die gemeenskap om hulle volle steun te gee vir “Projek Maak die Dorp Weer Lig”, deur LED ligte in jou voortuin en by omheinings aan te bring.
LED ligte is te koop in die dorp en kan jou so min as R15 per maand aan elektrisiteit kos.
’n Belegging in jou en jou gesin se veiligheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



