NewsNews

Riooloorstromings hou ‘n gesondheidsrisiko in – DA

Riooloorstromings hou ‘n gesondheidsrisiko in – DA

Mev. Yvonne Coertze, DA raadslid in Emfuleni se Wyk 9, skryf:Die rioolinfrastruktuur in Emfuleni is besig om in duie te stort.

Wat dit nog erger maak, is wanneer rioolprobleme by ‘n plek soos ‘n aftreeoord of ouetehuis voorkom.

Bejaardes behoort ten alle tye teen alle gesondheidsrisiko’s beskerm te word. Hulle gaan woon reeds in ‘n aftreeoord of ouetehuis vir beskerming: fisiese beskerming, emosionele beskerming en vir beter versorging van hul gesondheid.

Die afgelope twee weke is rioolprobleme by Jeugland Aftreeoord en Ouetehuis by verskeie amptenare aangemeld. Dit het letterlik twee weke geneem voordat aandag aan die saak gegee is.

Rioolverstoppings kom sedert 13 Julie vanjaar voor by die Friendly Grocer in Helena Lochnerstraat. Dit het oorgespoel na die Jeugland Aftreeoord en Ouetehuis. In daardie tyd is reeds aan my gerapporteer dat daar ‘n beskadigde rioolpyp is. Hierdie pyp is nog steeds nie herstel nie. Nou blyk dit dat daar ook ‘n beskadigde pyp binne in die aftreeoord is.

Behalwe vir die gesondheidsrisiko wat hierdie situasie vir die bejaardes inhou, verloor die eienaars van die Friendly Grocer besigheid en word die woonstelbewoners in die gebou ook blootgestel aan hierdie gesondheidsrisiko.

Daar woon ‘n hele paar klein kindertjies in hierdie gebou. Die weerloses in die gemeenskap geniet geen beskerming nie!

Kerkbywoners word ook verontrief deur hierdie rioolprobleem. Riool het binne in die plaaslike NG Kerk se erf ingeloop! Dit is duidelik dat alle sektore van die gemeenskap geraak word deur ‘n probleem wat ‘n maand gelede al aangemeld is en nog nie die nodige aandag gekry het nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button