Projek maak Parys skoon
Dit maak ons trots.

Dankie aan Ithuteng wat hul bakkie beskikbaar gestel het, asook inwoners van Venusstraat wat gehelp het om skoon te maak deur stukkend geskeurde vullissakke in die straat op te tel en weg te ry.
Dankie ook aan Selma Kok, Colin van Emunah Foundation en Ann Bester wat vanoggend weer by die spruit agter die Sasol vulstasie in die hoofstraat van Parys meer stroomaf skoongemaak het,
Die vrywilligers sal volgende naweek nie skoonmaak nie, weens ander verpligtinge, maar inligting oor die volgende skoonmaakprojek sal deur Gazette gekommunikeer word. Raak betrokke en help om Parys skoon te hou.
Elke bydrae maak ‘n groot verskil. 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



