
Eindelose probleme wat verbruikers met die puntestelsel-vakansieklubbedryf gehad het, is uitdeindelik aangespreek na ‘n jarlange stryd wat die VF Plus namens verbruikers gevoer het.
‘n Paneel van die departement van handel en nywerheid wat aanbevelings moes maak oor probleme in die vakansieklubbedryf, het nou die party se siening hieroor bevestig.
Die aanbevelings van die paneel is daarop gemik om gebreke in die puntestelsel-vakansieklubbedryf reg te stel en verskeie aanbevelings is in dié verband gemaak.
Van groot belang is die bevinding dat ewigdurende kontakte problematies is en dat kontrakte net vir ʼn sekere termyn moet geld, asook dat kontrakte makliker gekanselleer moet kan word.
Van verdere belang is die bevinding dat monopolieë die bedryf tans beheer, en dat ruimte geskep moet word vir mededinging wat beter produkte en verbruikersdienste daar sal stel.
Verbruikers moet daarvan kennis neem dat hierdie verslag gerig is op die toekoms en nie noodwendig onmiddellike probleme vir individuele verbruikers sal oplos nie, sê die party, wat verbruikers aageraai het om steeds klagtes oor vakansieklub-kontrakte steeds by die Verbruikerskommissie in te handig.
klagtes oor vakansieklub-kontrakte steeds by die Verbruikerskommissie ingedien moet word vir beregtiging.
Die paneel se aanbevelings sal in wetgewing omgeskakel moet word wat tot twee jaar kan duur en daarom is dit belangrik dat persoonlike klagtes steeds
by Verbruikerskommissie ingedien moet word.
Die Verbruikerskommissie se kommissaris het bevestig die kommissie gaan intussen met die bedryf skakel om seker te maak dat kontrakte met pensioentrekkers en bejaarde persone wat ewigdurend van aard is en deur aggressiewe bemarking aangegaan is, onmiddellik gekanselleer word.
Die VF Plus sien dit ook as ʼn groot probleem en is saam met verbruikers verheug oor die onderneming van die kommissaris. Die party sal die onderneming nogtans moniteer om te sorg dat dit wel uitgevoer word en onmiddellik in werking tree.




