
’n Hele paar Gr R-leerlinge wat vanjaar nuwe gesiggies is by die Parys Voortrekkerkommando, het verlede week ’n voorsmakie gekry van hoe lekker daar gekamp kan word saam met die Voortrekkers.

Verlede jaar het stormweer die kamma-kamp gekniehalter, en so byna weer Vrydag, maar toe dit tyd was om tent op te slaan by die skoolterrein van Parys Primêre skool, was die lug oopgetrek en is die geesdriftige klein Voortrekkertjies besig gehou met allerlei lekker buite speletjies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


