
Drie mense is vanmiddag, 5 Mei, dood na ‘n kop-aan-kop botsing op die R59 naby Sasolburg waarin drie voertuie betrokke was.
Die botsing het kort na 16:00 gebeur. Met paramedici van ER24 se aankoms op die toneel, is drie insittendes in 1 van die motors gekry van wie ‘n seuntjie, vermoedelik 5-jaar oud, en ‘n man, wat beide noodlottig beseer is en op die toneel dood verklaar is. Die vrou in dieselfde voertuig het ligte beserings gehad en is na ‘n naby gelee hospitaal vervoer.
‘n Man wat in die tweede voertuig was, is kritiek beseer, en is ook later op die toneel dood verklaar. Sy mede-passasier in dieselfde voertuig is nie beseer nie.
Die insittendes van die derde voertuig is nie beseer nie.
Ons diepe medelye met die familie van die oorledenes.
.



