Geskiedkundige oorwinning vir Parys in Vaaldriehoek muurballiga
Geskiedkundige oorwinning vir Parys in Vaaldriehoek muurballiga
Parys het vanjaar behoorlik skoonskip gemaak in die Vaaldriehoek-muurballiga toe aldrie sy klubspanne met die louere kon wegstap as ligawenners. Hoewel van Parys se spanne in die verlede wenners van verskillende ligas in die Vaaldriehoek was, is dit die eerste keer in die geskiedenis dat Parys in een seisoen drie verskillende ligas kon wen naamlik die eerste, reserwe en tweede ligas.
Spelers wat in die eerste liga gespeel het, was
Heinie Rutkowski, Chris- tiaan Dannhauser, Rohan Kruger en Giovanni de Swardt. Eugene van Riet, George Marais, George Cilliers, David Meyer en Gerard Bester het vir die tweede liga gespeel, terwyl Enrico de Swardt, Danja van Rhyn, Robert Thompson, Reese Thompson en Tony Habgood vir die reserwe liga gespeel het.





