
‘n Oudskolier van Hoërskool Parys, Martin Müller, is Saterdagmiddag oorlede na ‘n motorongeluk in swaar weer op die Parys/Fochville-pad net duskant die Umfula-vakansieoord. Hy was alleen in die motor.
Martin is van die ongelukstoneel na die Parys-hospitaal vervoer waar hy oorlede is.
Hy sal met deernis onthou word deur sy familie as iemand wat altyd vriendelik en behulpsaam was, en ander se belange bo sy eie gestel het.
Die roudiens is Saterdag 30 November om 11:00 vanuit die NG Parys-Wes gemeente.
Hy word oorleef deur sy seuntjie Maison (5), sy ouers, George en Marietjie Müller, sussie Chantell, en sy familie.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



