News

Huisbrake bly ’n bekommernis

Huisbrake bly ’n bekommernis

Huisbrake in Parys het kommerwekkend hoog gestyg en is met die Feesseisoen op hande, ’n selfs nog groter bron van kommer vir die polisie. Jy as huiseienaar kan egter help deur na hierdie veiligheidsmaatreëls te kyk.
* Ken jou bure en bou ’n verhouding met hulle op sodat daar ondersteuning is ook in tye van nood.
* Installeer veiligheidshekke by alle buitedeure en sorg dat dit gesluit is.
* Installeer goeie kwaliteit diefwering.
* Maak voorsiening vir buiteligte (skakel af bedags).
* Moet jou nie wysmaak dat hoë mure genoeg is om kriminele uit jou erf te hou nie.
* Moet nie die motorhuis of stoorkamer se deure ooplos as jy nie tuis is nie.
* Moet onder geen omstandighede die huis/buitegeboue se sleutels in die posbus, onder die deurmat of in ʼn potplanthouer los nie.
Snoei hoë plante wat naby aan die huis is, op ʼn gereëlde basis sodat dit nie ‘n wegkruipplek vir misdadigers is nie.
* Moet nie jou honde vasmaak nie. Dit verhoed dat hulle as afskrikmiddels dien.
* As jou hond/honde vergiftig word – wees verseker dat daar ‘n kans is dat inbrekers of onmiddellik of kort daarna kan inbreek.
* Maak seker dat jy ʼn betroubare huis- en tuinhulp het. Beklemtoon dan die behoefte aan sekuriteit. Behandel die basiese veiligheidsmaatreëls met hulle. Vervang buitedeurslotte en alarmkodes sodra hulle nie meer in jou diens is nie.
* Moet nooit tuingereedskap en lere onbewaak los nie.
* ʼn Donker huis snags, is ʼn duidelike teken dat niemand tuis is nie.
* Diefwering moet by hortjievensters geïnstalleer word.
* Glasskuifdeure moet beveilig word deur gate in die deur en raamwerk te boor en met ʼn slot te sluit.
* Wanneer ʼn nuwe huis of woonstel betrek word, vervang al die buitedeure se slotte. Heel moontlik is die bure of vriende van die vorige huurder of eienaar in besit van duplikaatsleutels.
* Moet nie waardevolle artikels soos juweliersware, selfone, skootrekenaars kameras of beursies ens. binne reikafstand van vensters plaas nie.
* Maak seker dat die huisnommer duidelik sigbaar is (bedags en snags), indien daar ʼn noodgeval is, sodat die polisie / sekuriteit / buurtwag jou huisadres maklik kan opspoor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button