
Parys het teen Dinsdag 14 Julie’n totaal van 93 bevestigde Covid-19 gevalle gehad.
Die ander Ngwathe dorpe se syfers het toe só gelyk:
Edenville – 7
Heilbron – 90
Koppies – 26
Vredefort – 8

Die Vrystaatse infeksiesyfer het op 14 Julie op 5 973 gevalle gestaan, met 968 mense wat herstel het, en 42 sterftes.
Op 14 Julie is 3 500 824 siftingstoetse in die provinsie gedoen, 48 745 toetse deur NHLS en 10 034 van die 10 432 kontakte bekend, kon deur middel van kontakopsporing opgespoor word.
Van die 344 nuwe gevalle vir die provinsie was daar 54 nuwe gevalle in die Fezile Dabi-distrik waarvan Parys deel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



