NewsNews

Besoedeling langs N12 Total vulstasie opgeruim

Besoedeling langs N12 Total vulstasie opgeruim

Die oop perseel langs die N12 Total vulstasie waar besoedelde water al vir maande opdam en ‘n gesondheidsrisiko vir die inwoners ingehou het, is uiteindelik in April gedreineer. Hope droë grond is aangery om die vorige moeras droog te lê.

 

Inwoners van die omgewing is verheug om te sien dat die groen stinkende water uiteindelik verdwyn het en dat die grondpad (Kanaalweg) langs die vulstasie nou droog is. Die muskietplaag, afkomstig van die moeras, het saam met die water verdwyn.

Die Herald het intussen vasgestel dat die perseel waarop die moeras eers was, aan ‘n privaatmaatskappy, Shasta Investments, behoort. Die bestuurders van die Total vulstasie het voorheen die water van hul rioolsisteem op die oop perseel laat uitloop en dit is waar die groen water later opgedam het.

Nadat Total hieroor gekontak is, het hulle in Januarie beloof dat die water gedreineer en die area opgeruim sal word. Dit was egter teen einde Maart steeds nie gedoen nie en weer is Total hieroor genader. Dié keer het Total die Herald na die prokureur, Kiri Vardakos, verwys wat die sake van Shasta Investments hanteer.

Volgens Total het hulle gedoen wat hulle beloof het en is die eienaars van die grond, Shasta Investments, vir die opruim van die water verantwoordelik. Total het ook bevestig dat hulle nou ‘n Hazmat-maatskappy aangestel het om die vulstasie se rioolwater gereeld te dreineer en by die munisipale afvalwaterbehandelingsfasiliteit te stort.

George Palasli, een van die bestuurders van die Total vulstasie, het deurgaans geweier om self met die Herald te praat

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button