Polisie toe een té veel vir vermeende plaasaanvallers
Polisie een té veel vir vermeende plaasaanvallers
Flink optrede van die polisie in Heilbron in samewerking met die Valke ondersoekeenheid en die polisie se Taktiese Reaksie Eenheid, wat blitsig op inligting reageer het, het Dinsdag daartoe gelei dat ‘n waarskynlike plaasaanval betyds afgeweer kon word.
Omstreeks 21:30 Dinsdagaand is ‘n rooi Mazda 3 op die Guttenburg-pad naby Heilbron voorgekeer en is daar twee ongelisensieerde vuurwapens en twaalf rondtes ammunisie gevind.


Daar is ook beslag gelê op 2 vals polisie aanstellingskaarte.
Altesaam 5 verdagtes onder wie 4 mans en ‘n vrou tussen die ouderdom van 30 en 41 is in hegtenis geneem en sal Vrydag 9 Julie in die landdroshof in Heilbron verskyn.
Twee van die verdagtes is van Gauteng en die ander van KwaZulu Natal afkomstig.





