Vereeniging se mense sal nie toelaat dat plundery in die middestad voorkom nie.

Lede van die gemeenskap, taxi-organisasies, GPF, patroleerders en sekuriteitsfirma’s het vroeër vanoggend in Vereeniging se middestad byeengekom om die boodskap uit te stuur dat plundery nie in Vereeniging toegelaat sal word nie.
Gewapen met paintball-gewere, sambokke, grawe, stokke en gewere het die lede van die gemeenskap op die hoek van Voortrekkerstraat en Marklaan (voor Mark Park) byeengekom om die boodskap helder en duidelik uit te stuur.



At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



