
Parysenaars het vandeesweek die eerste keer geleentheid gehad om van die sogenaamde “pop up’ vaksineringstasies gebruik te maak. Woensdag is reeds 102 mense hier ge-ent en teen 13:00 vandag, Donderdag 23 September reeds 52 met die Johnson & Johnson vaksine, en 29 met Pfizer.
Die stasie is op die Pick ‘n Pay parkeerterrein in Parys ingerig waar mense nog tot Saterdag en weer volgende week geleentheid sal hê om hul gratis Covid-19 inenting hier te ontvang.
Boonop het jy die keuse of jy die Johnson & Johnson of Pfizer vaksine wil ontvang.
Net soos by ander vaksineringstasies sal jy ook voor die tyd gehelp word om te registreer as jy nie reeds geregistreer het nie, en jy word ook na die toedien van die vaksine gemonitor, net soos by ander vaksineringstasies.
Op die foto’s hieronder is die Johnson & Johnson en Pfizer vaksineringstasies by die Pick ‘n Pay ”pop up site”



Die foto’s gee ‘n kykie na hoe die stasie funksioneer. Die boonste 2 foto’s is waar jy onderskeidelik sal wag om gevaksineer te word, en waar jy na vaksinering wag terwyl jy gemonitor word.
Hier is die aanmeldpunt vir mense wat by die stasie gevaksineer wil word.
Dit is gerieflik, rye is nie lank nie, jy hoef nie te wag vir ‘n sms om te gaan nie. As jy 18 jaar en ouer is kwalifiseer jy om van hierdie inentingstasie gebruik te maak. Bring net jou ID dokument saam en onthou dat jy jou masker moet dra en te alle tye ‘n veilige afstand moet handhaaf. Hoewel personeel hul bes doen om ook wanneer mense in die ry sit seker te maak Covid-19 protokol word nagekom, bly dit steeds ook jou eie verantwoordelikheid om seker te maak jy handhaaf afstand en dra jou masker, al sou mense dalk die stoele rondskuif.
Wanneer kan jy gaan?
Jy kan Vrydag 24 September en Saterdag 25 September van 08:00 tot 13:00 gaan vir jou inenting. Onthou dat jy nie tot 13:00 moet wag as jy wil gaan nie, omdat daar genoegsame tyd moet wees om jou registrasie na te gaan, te vaksineer en daarna ook jou te monitor. Dit is dus raadsaam om voor 12:00 te gaan op die 24ste en 25ste sodat personeel die stasie kan opruim teen 13:00. Volgende week van Maandag tot Saterdag sal jy weer die geleentheid hê om van die ”pop up”” site by Pick ‘n Pay gebruik te maak. Gedurende die week is die stasie daar tot 16:00 maar sal die laaste pasiënte om 15:00 ingeneem word om genoegsame tyd te gee sodat die personeel die stasie om 16:00 kan opruim. Op ‘n Saterdag is die stasie beskikbaar van 08;00 tot 13:00. Hierdie sogenaamde “”pop up sites”” is ingestel as verlengstuk vir die departement van gesondheid se bestaande inentingsveldtog en het verskeie winkelgroepe hul persele beskikbaar gestel vir die doel. Dit sluit in Pick ‘n Pay, Spar, Shoprite, Cambridge Food, Rhino Cash & Carry en Boxer. Die inisiatief word befonds deur die Solidariteitsfonds.
Hoe registreer jy vir inenting (vooraf registreer spaar wel baie tyd by die inentingstasies)
WhatsApp na 0600 123 456 of skakel *134*832# of besoek https://coronavirus.fshealth.gov.za/FS_Covid/



