News
Dronkbestuurder ry bekende polisiebeampte tydens padblokkade dood
Dronkbestuurder ry bekende polisiebeampte tydens padblokkade dood

Talle kollegas, familie en kennisse is steeds in skok na een van Fochville se bekendste polisiebeamptes gisteraand tydens ‘n padblokkade doodgery is.

Volgens Brigadier Brenda Muridili is AO Jan Christoffel Esterhuysen gisteraand deur ‘n 20-jarige dronkbestuurder tydens ‘n padblokkade in Khutsong doodgery.
Die bestuurder het deur die padblokkade gejaag en ‘n geparkeerde voertuig en vir Esterhuysen getref.
Hoewel die bestuurder probeer wegjaag het, het ander polisielede hom ingehaal en afgetrek. Hulle het toe vasgestel dat hy onder die invloed van alkohol was.
Hoewel Esterhuysen na die hospitaal gehaas is, het hy aan sy beserings beswyk.
Esterhuysen was die bevelvoerder van die polisie in Fochville se sigbare polisiëringseenheid en het 27 jaar getroue diens in die polisie gehad. Die provinsiale polisie kommissaris, Luit-Genl Elias Mawela, het Esterhuysen vir die getroue diens geloof.
Lees die oorspronklike berig hier: https://carletonvilleherald.com/51102/dronkbestuurder-ry-bekende-polisiebeampte-tydens-padblokkade-dood/


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



