Nood verg herstelplan
Planne om inkomste te verdien uit onbenutte munisipale bates soos die Mimosa Tuine in Parys, en verhuurbare munisipale geboue en persele is onder meer dringend nodig.

Ten spyte van opposisieprotes is Ngwathe se nuwe begroting deur die ANC-meerderheid goedgekeur, al projekteer dit ‘n enorme en ongeoorloofde begrotingstekort van R75 miljoen. Die DA het daarom vandeesweek opnuut aangedring op onmiddellike aandag aan sy voorstel vir ‘n ingrypende finansiële herstelplan vir Ngwathe. Die noodsaak daarvoor is reeds eenparig deur die Raad aanvaar.
Planne om inkomste te verdien uit onbenutte munisipale bates soos die Mimosa Tuine in Parys, en verhuurbare munisipale geboue en persele is onder meer dringend nodig. DA-raadslid Arnold Schoonwinkel sê talle interessante idees is reeds van inwoners gekry. Hy en ander raadslede sou Woensdag met sakelui vergader.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




