News

Gewapende man beroof vulstasiewinkel

Die polisie soek steeds na ‘n verdagte wat verbind word met ‘n gewapende roof by ‘n vulstaasie in Koppies, Sondagaand 7 Augustus om 22:35. Volgens sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder vir die Fezile Dabi-distrik, het die verdagte lugtyd by die vulstasie winkel gekoop. Hy het daarna ‘n vuurwapen op die kassier gerig en geld ge-eis. Die man …

Die polisie soek steeds na ‘n verdagte wat verbind word met ‘n gewapende roof by ‘n vulstaasie in Koppies, Sondagaand 7 Augustus om 22:35.

Volgens sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder vir die Fezile Dabi-distrik, het die verdagte lugtyd by die vulstasie winkel gekoop. Hy het daarna ‘n vuurwapen op die kassier gerig en geld ge-eis. Die man is ook agter die toonbank in waar hy homself aan van die sigarette gehelp het.

Drie werknemers van ‘n private sekuriteitsmaatskappy het intussen by die winkel ingestap en is toe deur die rower beveel om op die grond te gaan lê. Hy het nadat hy sy buit bymekaar gemaak het, die voertuigbestuurder van die sekuriteitsmaatskappy aangesê om saam met hom te kom en is daar met die sekuriteitsvoertuig van die toneel af weggery.

Iewers langs die pad het die rower die sekuriteitsbeampte beveel om stil te hou en het die rower verder te voet gevlug.

‘n Onbekende bedrag geld en twee bokse sigarette ter waarde van R400  is uit die vulstasiewinkel gesteel.

Die polisie vra die gemeenskap se hulp om sou daar enige inligting wees wat kan lei tot die inhegtenisname van die verdagte, kapt. Theresa Lategan geskakel sal word by 071 473 5672, of inligting kan anoniem deurgegee word op die MySapsApp.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button