News

Feathers bekyk die voëls by Thwane Bush Camp

Vir meer inligting oor Feathers kan Hansie Bekker by (056) 811 4754 / 082 820 4306) of Peter Killian by 083 625 8100 geskakel word.

Tydens die Julie-vergadering van Feathers Voëlklub het Jean Wilson voëlliefhebbers ‘n kykie na die voëlskat van Marakele gegee toe sy stories gedeel het oor haar besoeke daar. Daar kon ook geluister word na van die voëlgeluide, en is gekyk na foto’s van die voëls, die diere en die omgewing.
Ander lede van die klub sal Donderdag, 25 Augustus in kort aanbiedings ook van hul foto’s kom deel. Almal wat in ons voëlskat belangstel, is welkom om die geleentheid om 18:30 in die Sally Martin Park saal by te woon.
Die winter is amper verby, en hoewel ons nog ‘n paar koue dae kan verwag, hervat die klub hul uitstappies om Saterdag, 27 Augustus te gaan voëls kyk wanneer hulle die Thwane Bush Camp besoek.
Thwane Bush Camp is in die Vredefort Koepel geleë en belangstellendes sal om 06:30 vanaf die Pick n Pay parkeerterrein vertrek. Tydens drie vorige besoeke aan Thwane Bush Camp is daar reeds 64 voëlspesies aangeteken. Bring net jou piekniekmandjie, verkyker, ‘n stoel en voëlboek saam.
Vir meer inligting oor Feathers kan Hansie Bekker by (056) 811 4754 / 082 820 4306) of Peter Killian by 083 625 8100 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button