
‘n Vrou is Dinsdagoggend 20 September ernstig beseer in ‘n motorongeluk 10km buite Parys op die Parys/Potchefstroom-pad (R53), by die afdraai na Kiepersol. Die vrou is per noodhelikopter na ‘n hospitaal in Alberton vervoer.
Die ongeluk het omstreeks 10:10 die oggend gebeur.
Die ander inisttende van die voertuig, ook ‘n vrou, is per ambulans na ‘n hospitaal in Potchefstroom vervoer.
Beide die vroue studeer in Potchefstroom na wat verneem is en is van Sasolburg.





At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



