
Drie verdagtes is Saterdag 8 Oktober deur die polisie in Zamdela gearresteer nadat hulle inligting ontvang het van ‘n gekaapte wit Toyota Corolla Quest wat van Soshanguve na Zamdela beweeg het.
Die voertuig is in die Zamdela-woonbuurt gekry en het polisielede beslag gelê op bankkaarte, ‘n beursie, twee versteekte vuurwapens toegedraai in plastiek en ammunisie wat in die voertuig gekry is, het sers. Mahlomola Kareli gesê.
Die verdagtes wat tussen die ouderdom van 40, 46 en 61 is, sal in die Sasolburgse landdroshof verskyn op klagte van onder meer kaping, die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen, en onwettige besit van ammunisie, het sers. Kareli gesê.


