News

Bejaarde hande sit ‘n glimlag op dié kindergesiggies

Dit is weer tyd vir Kindervreugde

Dit is weer tyd vir Sally Martin Park se Kindervreugde uitstalling waartydens inwoners se prag handewerk ten toon gestel word. Elke artikel word met baie liefde gebrei of gehekel, en speelgoed met die hand gemaak, om vreugde te gee aan hulle wat dit ontvang. Met die projek word daar al oor jare die woord by die daad gevoeg vir “An Act of kindness” en “Pay it forward”, met hierdie besondere omgee van ons bejaardes vir hulle wat minder het. Die uitstalling van hierdie prag handwerk wat vanjaar gemaak is, vind Woensdag, 16 November by Sally Martin Park in die Wynn Dedwith saal vanaf 09.30 tot 12.30 plaas. Toegang is R15 per persoon wat ‘n koppie tee en klein versnapering insluit. Daar is ook ‘n prysuitdeling die oggend om 10:00 waartydens die mooiste artikel, oorspronklikste artikel, asook inwoner wat die meeste artikels gemaak het vir die projek, aangekondig sal word. Artikels en speelgoed sal na afloop van die uitstalling aan instansies in die dorp, asook in Vredefort geskenk word. Kom geniet die pragtige handewerk en gee ook so jou deel. “Kindness is Free – Sprinkle that stuff everywhere”. ||

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button