AfriForum wil dat dorp se waterkrisis tot ramptoestand verklaar word
Dit is duidelik dat die munisipaliteit nie bevoeg of bereid is om hierdie probleem op te los nie,” het Pretorius gesê.

AfriForum se Parys-tak het nou ook provinsiale en nasionale rampbestuur gevra om die waterkrisis in Parys tot plaaslike ramp te verklaar. Die burgerregte organisasie sê dié stap is geneem omdat die toestand van Parys se drinkwater aan die definisie van ’n ramp voldoen.
Die organisasie sê dat indien die toestand tot ’n ramp verklaar word daar spesifieke fondse, hulpbronne en gebeurlikheidsplanne in plek gestel kan word om die situasie te verbeter.
Die organisasie sê benewens die feit dat die water ongeskik vir menslike gebruik is, is daar ook dele van Parys waar mense vyf jaar laas water in hulle krane gehad het. Die watersuiweringswerke is glad nie op standaard nie, en fase ses beurtkrag soos wat tans deur Eskom toegepas word, vererger die waterprobleme.
“Ons wil net hê dat al die inwoners van groter Parys toegang tot skoon drinkwater in hulle krane sal hê want dit is hulle grondwetlike reg. Die optog wat inwoners van Tumahole verlede week gehou het na die munisipale kantore om hul griewe te lig oor die dorp se knaende waterprobleme en kwaliteit van die dirinkwater, het duidelik gewys dat hulle nie meer nou en dan water uit ’n tenkwa wil hê nie, maar ’n kraan wil oopdraai en skoon water daaruit tap. Die gerugte van ongerymdhede met betrekking tot die tenkwaens versterk hierdie gevoel,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder van AfriForum vir die Mooirivier.AfriForum het
AfriForum se Parys-tak het vroeër op Vrydag 25 November, die onaanvaarbare toestand van die dorp se drinkwater by Departement Gesondheid en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) aangemeld nadat die Ngwathe munisipaliteit al sedert September herhaaldelik deur AfriForum aangemaan is oor Parys se drinkwater. Dit nadat onafhanklike laboratoriumtoetse op drinkwatermonsters wat in die dorp geneem is, E. Coli in die drinkwater gevind het.
AfriForum het vroeër gesê die munisipaliteit begryp duidelik nie die erns van die situasie nie, want daar word nie daadwerklike pogings aangewend om die toestand om te draai nie. Dit ten spyte van ‘n ooreenkoms wat vroeër met AfriForum onderteken is waarin die munisipaliteit ’n deeglike evaluering van beide die watersuiwerings- asook die rioolwerke gegee is met stappe wat hulle moet neem om dit te verbeter,” sê Pretorius.
“Hierdie waterkrisis in Parys is ’n sprekende voorbeeld van ’n munisipaliteit wat glad nie oor die welstand van hulle inwoners besorg is nie. Daar is al soveel hulp aan die Ngwathe-munisipaliteit aangebied, maar hulle slaan eenvoudig nie ag daarop nie. Dit is duidelik dat die munisipaliteit nie bevoeg of bereid is om hierdie probleem op te los nie,” het Pretorius gesê.





