Jy kan al die bruggie sien
Nog n sluis sal vanoggend om 10:00 by Vaaldam toegemaak word. Dit sal beteken dat daar dan nog 7 sluise oop sal wees. Uitvloei by Bloemhofdam word om 09:00 verminder na 3 000 kubieke meter per sekonde en dan na 2 800 kubieke meter per sekonde om 12:00. Vaaldam is tans 111,2% vol en Bloemhofdam …

Nog n sluis sal vanoggend om 10:00 by Vaaldam toegemaak word. Dit sal beteken dat daar dan nog 7 sluise oop sal wees.
Uitvloei by Bloemhofdam word om 09:00 verminder na 3 000 kubieke meter per sekonde en dan na 2 800 kubieke meter per sekonde om 12:00.
Vaaldam is tans 111,2% vol en Bloemhofdam 106,7%.
Die watervlak van die Vaalrivier het vanoggend 26 Februarie om 06:00 3542 meter by die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel gemeet nadat dit oor die 5m by die bruggie n week gelede gemeet is.
Die laagwaterbruggie is nou al sigbaar maar steeds nie oop vir verkeer nie. Watervloei by die laagwaterbrug het vanoggend op 2004,8 kubieke meter per sekonde gemeet.



