Local news

Vermeende kabeldief môre weer voor die hof

Formele borgaansoek dan gehoor

‘n Vermeende kabeldief wat op Donderdag 9 Maart gearesteer is nadat die polisie vroeër daardie oggend inligting gekry het van ‘n man wat besig is om koperkabel uit te grou in ‘n oop stuk veld langs die R59, sal môre, Vrydag 17 Maart, weer voor die landdroshof in Parys verskyn.  ‘n Formele borgaansoek vir die 45-jarige Mohau Tshabalala sal dan gehoor word. Hy is nog in aanhouding.

Tshabalala staan tereg opklagte van die beskadiging of peuter met noodsaaklike infrastruktuur.

Nege ande verdagtes wat dieselfde dag as Tshabala gearresteer is, is sedertdien vrygelaat nadat al tien Maandag 13 Maart voor die hof verskyn het. Daar was egter nie voldoende bewyse om die nege met die misdaad te kon verbind nie, sê polisiewoordvoerder, sers. Josephine Rani.

Rani het gesê die polisie het omstreeks 04:00 die oggend van 9 Maart inligting gekry dat daar gegrou word vir koperkabel langs die R59. Daar is blitsig gereageer waarop ‘n man in die sloot betrap is waar hy nog aan die grou was om die ondergrondse kabel uit te trek.

Die nege ander verdagtes is later in die Tambo en Mbeki-woonbuurte in Tumahole vasgetrek, het sers. Rani gesê. Die polisie het beslag gelê op onder meer grawe en koperkabel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button