Saam is ons sterker
Die forum sal slegs as koördinerings- platforum dien om beter ondersteuning onderling te bied vir die groot aantal verdienstelike projekte wat deur verskeie organisasies in de dorp gedoen word.

n Uitnodigings- en inligtingsvergadering vir die stig van ‘n gemeenskapsforum vir Parys is Dinsdag, 11 April gehou. Verteenwoordigers van sewe organisasies het die vergadering bygewoon, en is die gedagte vir die stig van die forum positief ontvang.
Die forum sal slegs as koördinerings- platforum dien om beter ondersteuning onderling te bied vir die groot aantal verdienstelike projekte wat deur verskeie organisasies in de dorp gedoen word.
Daar is baie groepe met goeie idees. Almal doen goeie werk, maar as groepe nie weet van mekaar nie, kan dit beteken dat projekte wat tot voordeel van die gemeenskap aangepak word, kan oorlveuel.
Vandaar die behoefte om bymekaar te kom en mekaar te ondersteun.
Die gedagtes is nie dat enige organisasie die forum moet beheer nie, en ook nie om die funksies van bestaande instellings te dupliseer nie.
Die forum self sal ook geen projekte aanpak nie, maar bloot ‘n neutrale kommunikasie- en koördineringsplatform skep vir skole, kerke, klubs en organisasies. So kan gekommunikeer word op een platform, met elke instelling wat steeds voortgaan met sy eie fokusarea, en op gelyke vlak saamwerk.
Hulpbronne en aktiwiteite kan ook makliker gekoördineer word tot almal se voordeel, en gemeenskapsbetrokkenheid bevorder word. Alle instansies en orga- nisasies wat wil deelneem, word genooi na die amptelike stigtingsvergadering 25 April om 17:30 by die NG Suid-gemeente. Vir navrae of om ingesluit te word in die forum se WhatsApp-groep, skakel 082 653 4281.



