Local news
Twee van Parys by Skole SA atletiek-kampioenskappe
Zak sal ook van 29 April tot 3 Mei sy land verteenwoordig by die Afrika Spele in Lusaka, Zambië, nadat hy vroeër na afloop van Atletiek SA se o.16/18/20 Youth Championships in Pietermaritzburg gekwalifiseer het vir die SA-span.
Twee van Hoërskool Parys se atlete het die afgelope vakansie aan die Skole SA Atletiekkampioenskappe (SASA) deelgeneem.
By die kampioenskappe verower Gert Broodryk ‘n 3de plek as deel van die Vrystaat so.19 aflosspan, ‘n sesde plek vir die 400m hekkies so.19 en algehele 11de plek vir die 110m hekkies so.19.
Zak Naudé behaal ‘n 2de plek vir diskusgooi so.17.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



