Sport

Meeste trofees vir Parys by Noord-Vrystaat muurbalkampioenskappe

Skitterende prestasies vir Parys se jong muurbalspelers

Parys-muurbalklub kon spog met die meeste trofees wat verower is by die Fezile Dabi-toernooi wat van 5-7 September gehou is. Die toernooi was dan ook die Noord-Vrystaat kampioenskappe.

Die klub is baie trots op al die kinders wat gespeel het en die spog prestasies wat behaal is.

Baie geluk ook aan Bianke Pienaar wat die trofee ontvang het as  Parys se Speler.

Bianke het boonop die besondere prestasie behaal om gekies te word om aan die Redtone KL International Junior Open in Kuala Lumpur deel te neem wat van 5 tot 10 Desember gehou word, en die Onacare Singapore Junior Open wat van 12 tot 17 Desember in Singapore gehou word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button