Local newsNews

“Hy’t vir my gesê hy weet dat ek soos ‘n prinses gelyk het”

Huweliksklokke lui weer by AMOT

“Ek sal nooit die dag van 21 Junie 2022 vergeet nie. Ons het alleen by die teetrollie gestaan. Hy sit toe sy arms op my skouers en soen my.”
So vertel ‘n stralende Annemarie Boucher (76) van die Amot tehuis vir bejaardes, vir wie die liefde die afgelope twee jaar al blom.

Annemarie en Hans Boucher (80) het Saterdag, 11 Mei by AMOT ewige trou aan mekaar beloof voor ds. Jannie Vosloo en 35 familielede wat gedeel het in die paartjie se vreugde. Hoeveel vriende by die geleentheid was, weet hulle nie. “Die hele saal was sommer vol,” vertel Annemarie.

Vra jy hulle hoe hul paaie gekruis het, vertel hulle dat Hans op ‘n dag in 2022 na Annemarie se televisie by haar woning by AMOT gaan kyk het. “Ons het so gestaan en na my eerste troue se foto’s gekyk toe hy sy hand op my skouer sit. Hy het vir my gesê hy weet dat ek soos ‘n prinses gelyk het. En van daar af was dit verby,” vertel sy.

Die egpaar het saam met Annemarie se enigste seun van vier kinders gaan uiteet toe Hans haar seun gevra het of hy maar met sy ma mag trou. “My seun was so bly dat ek weer iemand gekry het om my lewe mee te deel. Hy het geweet dat ek soms ‘n bietjie eensaam raak.”

Hans wat ‘n navorser en liggaamsbouer vroeër jare was, is oorspronklik van Sasolburg waar sy pa vir die spoorweë gewerk het.

Annemarie, ‘n oud-onderwyser, het op die plaas tussen Hoopstad en Bultfontein grootgeword. “Ek is ‘n plaasmeisie en toe trou ek met ‘n plaasboer!”

Die paartjie gaan by AMOT aanbly, en is ook nie die enigstes by dié tehuis vir wie die liefde die afgelope maande na die kansel gelei het nie.

Twee weke was in Februarie vanjaar meer as genoeg tyd vir Amanda Homan (77) en Ronald Matthews (82) van AMOT om nie net verlief te raak nie, maar om ook die knoop deur te haak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button