Local newsNews

So onthou ek stemdae in Parys

Stemlokale is oop tot vanaand 21:00.

Die reuk van gebraaide wors en pannekoek wat swaar hang in die lug as die koue wintersoggend knyp aan jou voete en vingerpunte. Dit is hoe ek stemdae in Parys onthou op die kerkterrein van die NG gemeente Parys-Wes.

Vanoggend was dit weer so. Mense wat van voor 07:00 al toustaan voor stemlokale. Daar is stille afwagting. ‘n Huiwering selfs  oor wat die dag van môre inhou.

Sommige vertel wat hul graag sal wil sien moet verander. Water, krag, werk vir almal, minder misdaad, weg met korrupsie, ons het hoop nodig, sê hulle.

Van die stemlokale het laat oopgemaak, maar toe die wiele eers begin draai het, het dit vinnig gegaan.

Bejaardes se dankbare gesigte as hul agter in die tou gehaal is om voor in te val.

Dis ‘n bedrywigheid oral. Party verteenwoordigers, kiesbeamptes, mense oral in die strate wat hul gang gaan, want dis immers ook vakansiedag.

Maar vandag is ‘n bepalende dag vir Suid-Afrika en sy mense, en dit is ook daardie erns wat jy sien op gesigte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button