Local newsNews

Enkele ure oor om te kan stem

Nog heelwat moet stem volgens kieserslyste

Tyd is besig om uit te loop vir kiesers om nog te kan stem. Stemlokale sal landwyd  om 21:00 sluit. Daarna sal jy nie meer kan stem nie.

Teen 17:00 vanmiddag het daar nog ‘n lang ry kiesers by die sysaal van die stadsaal, die NG Wes-gemeente en die Rotary-saal gestaan, maar volgens aanduidings is daar nog heelwat kiesers wat moet stem.

By die Rotary-saal het daar teen 15:00 vanmiddag nog net 408 van die verwagte 840 geregistreerde kiesers gestem.

By die sysaal van die stadsaal was daar deurlopend deur die dag fluks gestem met 660 van die verwagte 883 geregistreerde kiesers wat teen 15:00 gestem het

By die Wes kerk het daar teen net na 19:00 nou 1054 van die 1781 geregistreerde kiesers gestem.

Stemlokale in die Tumahole-woonbuurt was vanoggend besig maar was stil teen 16:00 toe stemlokale besoek is.

Party verteenwoordigers by een van die stemlokale in Tumahole waar dit vroeër vanoggend baie besig was.
By die Master Nakedi Sportsentrum was dit vanmiddag om 16:00 stil, naas party verteenwoordigers wat stalletjies hier beman het.

Onthou as jy gaan stem moet jy jou ID boekie of ID kaart saamneem. Afskrite van ID’s sal nie aanvaar word nie. Ook nie paspoorte of bestuurslisensies nie.

Onthou ook jy sal slegs kan stem waar jy geregistreer is.

Related Articles

Back to top button