“Ons gaan hom so baie mis’

Charlie was 'n bekende en jarelange inwoner van Parys

‘n Bekende en jarelange inwoner van Parys, Charlie van der Westhuysen, is in die ouderdom van 72 jaar oorlede.

Sy gesondheid het die afgelope jaar en ‘n half agteruitgegaan en is hy rustig in sy slaap oorlede, het sy dogter, Joline gesê.

‘n Gedenkdiens vir Charlie sal op Saterdag 1 Junie vanuit die NG gemeente Parys-Suid om 11:00 gehou word.

Charlie is in Welkom gebore maar het in Parys grootgeword.  Hy het vir baie jare by die destydse National Bolts as passer en draaier gewerk waarna hy Boksburg toe is.

Charlie en Susan saam met hul dogters.

Later  het hy sy eie onderneming in Parys bedryf en het baie draaibank werk vir boere en mense van die Parys-gemeenskap gedoen.

Hy was ook ‘n kranige visserman en ‘n hartlike mens wie se heengaan ‘n groot leemte in baie harte laat van almal wat hom geken en liefgehad het.

Die herinneringe aan hom sal gekoester word deur sy vrou, Susan, hul drie dogters, Deliah, Melanie en Joline, skoonseuns Johan en Louis, en kleindogters, Isabel, Tiane en Susan.

Charlie saam sy dogters.

“Ons gaan hom baie mis. Die bekende gesig as hy vriendelik sou groet wanneer hy en Susan laatmiddag in Eerstelaan ‘n entjie sou gaan stap het.”

Related Articles

Back to top button