Local newsNews

Twee sterf in gru busongeluk

Dit is nie bekend wat die oorsaak van die ongeluk was nie.

‘n Busongeluk die naweek tussen Villiers en Frankfort, het die lewens van twee mense ge-eis.

Die ongeluk het laat Saterdagmiddag gebeur. Naas die twee oorledenes is 5 insittendes van die bus kritiek, ses ernstig beseer en 19 met minder ernstige beserings na nabygeleë hospitale vervoer.  Daar was geen ander voertuie in die ongeluk betrokke nie.

Die bus het teen ‘n brugpilaar gebots. Dit was nie met die skryf van die berig bekend wat die oorsaak van die botsing was nie.

*Motoriste word daarop gewys dat ‘n gedeelte van die N1 vandag, Dinsdag 18 Junie tussen 16:00 en 17:00  sowat 3km buite Ventersburg in die rigting van Kroonstad gesluit sal wees vir skietwerk (blasting) om klip te breek. Daar word voorsien dat die skietwerk net 15 minute sal duur, maar dit kan tot ‘n uur neem voordat die pad oopgestel word vir verkeer. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button