Local newsNews

Bejaardes beleef Vegkop-geskiedenis

Die Slag van Vegkop was ’n betekenisvolle geskiedkundige gebeurtenis wat op 16 Oktober 1836 tydens die Groot Trek plaasgevind het.

Danksy die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en lede van die gemeenskap kon 30 bejaardes vir die
eerste keer die merkwaardige Vegkopslagveldterrein, naby Heilbron in die Vrystaat, besoek en beleef. Die FAK se
Sentraal-Kultuurnetwerk het op 18 September die besondere toer vir bejaardes na die Vegkop-slagveldterrein gereël, waar die ryk
geskiedenis van hierdie belangrike erfenisskat met groot entoesiasme gedeel is.

Tydens die toer het die groep ’n insiggewende besoek aan die terrein en museum meegemaak, wat ook ’n indrukwekkende voorlaaier- en voorlaaierkanon-demonstrasie ingesluit het.

“Ek wil graag die Vegkop direksie, Jasper van der Bijl en Johan Stadler, bedank vir die erfenis toer en in besonder Corné van der
Merwe vir die voorlaaier- en voorlaaierkanondemonstrasie,” sê Jan-Danie Malan, die FAK se Sentraal- kultuurkoördineerder.

Die Slag van Vegkop was ’n betekenisvolle geskiedkundige gebeurtenis wat op 16 Oktober 1836 tydens die Groot Trek plaasgevind het.

Die geveg het naby die hedendaagse dorp Heilbron tussen ’n groep Voortrekkers en die Matabele- (Ndebele-) krygers, gelei deur
opperhoof Mzilikazi, plaasgevind.

Die toer is deur die gemeenskap op kort kennisgewing befonds, en sê Malan dit is ongelooflik hoe die FAK-kultuurnetwerke
kan bydra, nie net met geld nie, maar ook met hande. “Ek is trots om deel te wees van ’n kan-kultuur en ’n kultuur wat meer gee as
wat hy moet, en niks terug verwag nie,” sê Malan verder. Malan het ook die donateurs, Dirk Bloem, Chris Grobler, Alta du Plessis,
Deon van der Watt, Gerhard du Toit en Lenor Bothma, eienaar van Fusion Travel, bedank wat die toer moontlik gemaak het.

Lede van die Parys Museumkomitee het die toer meegemaak.

Die groep bejaardes wat die Vegkop-terrein by Heilbron besoek het

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button