Local newsNews

Sterk wind, reën verwag

Wees asseblief bedag op die gevaar van oop vure en winderige toestande

Sterk wind word vir Sondag oor die Noordwes, Gauteng en Vrystaat-provinsies, asook die weste van KwaZulu Natal voorspel.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vroeër die week aangedui dat ‘n goedontwikkelde afsny-laagdrukselsel oor die naweek  gaan inbeweeg oor die weste van die land. Dit sal  stormsterk winde en reën veral vir die Kaap meebring.

Reën- en donderbuie kan ook oor die weste van die land verwag word wat dan Sondag en Maandag na die sentrale dele en meer oos sal versprei.

Die verwagting is dat dié weerstoestande teen Maandag sal opklaar.

Reën word vir Sondag vir Parys voorspel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button