Local newsNews

Op die wêreldverhoog vir World Monologue finaal

Die World Monologue Games is die grootste dramakompetisie ter wêreld met deelnemers uit meer as 100 lande.

Drie Parysenaars sal in November hul buiging op die wêreldverhoog maak in die Tigers en Youth kategorieë by vanjaar
se wêreldfinaal van die World Monologue Games.

Die Parysenaars wat deurgedring het is Liam Steynberg en Carli de Jager (Tigers), en Vivienne van der Schyff met twee monoloë (Youth).

Liam Steynberg.

Carli de Jager 

Vivienne van der Schyff. 

Die World Monologue Games is die grootste dramakompetisie ter wêreld met deelnemers uit meer as 100 lande.

Die kompetisie is vir die eerste keer in 2020 op inisiatief van Pete Malicki tydens Covid-inperking aangebied.

Bykans 10 000 deelnemers het toe hul buiging voor die beoordelingspaneel van gesoute akteurs en vervaardigers in die toneelbedryf gemaak.

Vanjaar neem 92 finaliste in die seskategorieë deel by die wêreldfinaal, sê Linda Theron wat al drie die Parysenaars afrig.

Die Youth Wêreldfinaal word op 9 Novemberom 10:00 uitgesaai, en die Tigers-finaal op 1 November om 11:00

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button