Polisielede laat fietsspeke sing in die Koepel
Polisielede vanoor die land is vandeesweek in Parys vir die SA Polisie Diens se Nasionale Padfiets-kampioenskappe.
ie SA Polisie Diens Nasionale Padfietskampioenskappe word vandeesweek vir die eerste keer in Parys aangebied van 29 tot 31 Oktober. Dit is ook die eerste keer dat die nasionale kragmeting na Covid gehou word.
Agt en sestig polisielede uit al die land se provinsies neem deel asook ‘n span van die polisie hoofkantoor.

Op dag een van die kampioenskap is ‘n Pro Log gery in die hart van die Vredefort Koepel met ‘n roete wat by die Vredefort Impaksentrum gevolg word. Woensdag word ‘n 90km wedren van Parys na Koppies en terug gery, gevolg deur ‘n tydtoets van 20km Donderdag op die Koepel se paaie.

Die Vrystaat word verteenwoordig word deur adj. GP Nel, sers. Brits, adj. Pieter Muller, knst. Serobenyane, adj. Mokhoadi en adj. Jaco Botha.
Die provinsies met die meeste verteenwoordigers is Limpopo en Gauteng. Die mees senior offisier by die kampioenskap is lt.gnl. Van der Walt van Limpopo.

Die voorsitter van die SAPD fietsryfederasie, brig. Beard van die Oos-Kaap sal ook in Parys wees vir die kampioenskap en is sterk kompetisie die week gesien tussen die fietsryers.




