Twee van Parys ding mee om Kampioen van Kampioene titel
Noordwes Rolbal se Kampioen van Kampioene toernooi vind hierdie naweek, 2 en 3 Julie, in Klerksdorp plaas. Tydens die toernooi speel die onderskeie klubs in die provinsie se enkelspelkampioene teen mekaar om die uiteindelike Kampioen van Kampioene te bepaal.

Parys se vroue enkelspelkampioen, Gezina (Stompie) Kritzinger speel in haar afdeling teen Ann Buys (Mafeking), Burnadine Muller (Orkney), die Noordwes enkelspelkampioen, Helen Jansen van Strathvaal, Trudie Bouwer (Delareyville) en Marlene Potgieter (Coligny).
Raymond Loubser, Parys se mans enkelspelkampioen, se teenstanders sluit in die Noordwes enkelspelkampioen, Piere Breitenbach van Potchefstroom-rolbalklub, Hennie van der Berg (Delareyville), Johan Muller (Orkney), Chris Lourens (Ventersdorp), Denbigh Hopkins (Mafeking) en Eddie Gaeonale (Weermag).
*Die volgende spelers van die Parys-rolbalklub is genooi om op 7 en 8 Augustus deel te neem aan die proefwedstryde vir die saamstel van die Noordwes provinsiale rolbalspanne. Die spelers is die Jacobs- egpaar Rudi en Tracy, Henk Prinsloo, Marie Uys en Dries de Jager. Die wedstryde vind by Klerksdorp-rolbalklub plaas.