Photo GalleriesSport

Noordwes se enkelspel-kampioene moet gekroon word

Noordwes Rolbal se enkelspelkampioenskap begin hierdie naweek op verskeie bane. Drie en veertig vroue het vir die kampioenskap ingeskryf. Vir Parys sal net Tracy Jacobs en Magdel O’ Donoghue in aksie wees. Die verdedigende kampioen, Helen Jansen van Strathvaal, sal haar titel verdedig. Die vroue speel Saterdag 3 Junie by Klerksdorp-rolbalklub en by Strathvaal se …

Noordwes Rolbal se enkelspelkampioenskap begin hierdie naweek op verskeie bane.
Drie en veertig vroue het vir die kampioenskap ingeskryf. Vir Parys sal net Tracy Jacobs en Magdel O’ Donoghue in aksie wees. Die verdedigende kampioen, Helen Jansen van Strathvaal, sal haar titel verdedig.
Die vroue speel Saterdag 3 Junie by Klerksdorp-rolbalklub en by Strathvaal se klub. Die mans en vroue finaal vind op Sondag 11 Junie by dieselfe klub plaas.
Agt en sestig mans het hoop om die mans enkelspeltitel te wen. Die vier van Parys wat ingeskryf het is die Protea-speler Rudi Jacobs, Dries de Jager, Ernst Barnard en Trevor Wright. Pierre Breitenbach van Potchefstroom-rolbalklub is die verdedigende kampioen en hy sal ook in aksie wees. Hy en sy dubbelspel spanmaat, Carl (Smittie) Smit het onlangs die silwermedalje tydens die SA Ope gewen.
Die mans se eerste rondes vind Sondag by Klerksdorp-rolbalklub, Potchefstroom-buiteklub (PCC) en Potchefstroom-rolbalklub plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button