Agt van Parys by Noordwes Meesterskampioenskap
Agt spelers van Parys-rolbalklub sal die naweek in aksie wees by die Noordwes Rolbal meesterskampioenskap. Die Ope-afdeling word by die Klerksdorp-rolbalklub beslis terwyl die Senior Meesters by Strathvaal gaan kragte meet. Rudi Jacobs en Jaco Nel speel in die Mans Ope en Tracy Jacobs en Magdel O’Dono-ghue in die Vroue Ope. Dries de Jager is …

Agt spelers van Parys-rolbalklub sal die naweek in aksie wees by die Noordwes Rolbal meesterskampioenskap.
Die Ope-afdeling word by die Klerksdorp-rolbalklub beslis terwyl die Senior Meesters by Strathvaal gaan kragte meet.
Rudi Jacobs en Jaco Nel speel in die Mans Ope en Tracy Jacobs en Magdel O’Dono-ghue in die Vroue Ope.
Dries de Jager is die klub se enigste verteenwoordiger in die Senior Mans kam- pioenskap en daar is drie vroue spelers in die Vroue Seniors. Hulle is Lazuya Serfontein, Toets van der Westhuizen en Stienie Browne. Dit is reeds ’n prestasie om genooi te word om aan die Meesters deel te neem. Dus kan Parys baie trots wees op die agttal.



