Photo GalleriesSport
Winterhengel kom met uitdagings vir hengelaars
Die Mimosa-hengelklub se Julie-kompetisie is in ongure weer gehou. Die poelvis van die dag, ’n moddervis, is gevang deur Roland Schoonraad, terwyl die mansafdeling gewen is deur Jacques Wessels. Knap gedaan aan dié twee menere. Geen visse is ingeweeg deur die dames nie. Voornemende lede, asook kinders, is baie welkom om by dié sosiale hengelklub …

Die Mimosa-hengelklub se Julie-kompetisie is in ongure weer gehou. Die poelvis van die dag, ’n moddervis, is gevang deur Roland Schoonraad, terwyl die mansafdeling gewen is deur Jacques Wessels. Knap gedaan aan dié twee menere.
Geen visse is ingeweeg deur die dames nie.
Voornemende lede, asook kinders, is baie welkom om by dié sosiale hengelklub aan te sluit.
Die volgende kompetisie vind plaas by Koppies Dam (Natuurbewaringskant) op 19 Augustus. Hengelaars ontmoet binne die hek om 07:00. Hengeltyd is van 08:00 tot 15:00. Alle belangstellendes is welkom.
Vir hengelnavrae skakel Veronica by 072 631 1133 of Kobus by 082 878 2579.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



