Photo GalleriesSport

Likkewane skitter by Wêreld Kano Marathon-kampioenskap

Twee Parysenaars, Kobus Erasmus en Sylvia Nel, het skitterend gevaar na afloop van die ICF  Wêreld Kano Marathon-kampioenskappe wat vanjaar vir slegs die tweede keer in die geskiedenis in Suid-Afrika gehou is. Vanjaar se wêreldkampioenskappe is in Pietermaritzburg gehou. Dié prestige geleentheid is in 1996 vir die eerste keer in Suid-Afrika in Kaapstad gehou en …

Twee Parysenaars, Kobus Erasmus en Sylvia Nel, het skitterend gevaar na afloop van die ICF  Wêreld Kano Marathon-kampioenskappe wat vanjaar vir slegs die tweede keer in die geskiedenis in Suid-Afrika gehou is.
Vanjaar se wêreldkampioenskappe is in Pietermaritzburg gehou. Dié prestige geleentheid is in 1996 vir die eerste keer in Suid-Afrika in Kaapstad gehou en het vanjaar meer as 600 deelnemers gehad.  Kobus en Sylvia het in die Meesters-afdelings gekompeteer, met Kobus wat ingeskryf was in die 65-69 jaar-afdeling, en Sylvia in die 50-54 jaar-afdeling.
Warm weer, vlak water en baie sterk kompetisie ten spyt, het Kobus geslaag met ’n skitterende 8ste plek in die K1, terwyl Sylvia kon spog met ‘n vierde plek saam met haar  spanmaat, Kate Lapacz.
Albei is lid van die Likkewaan-kanoklub in Parys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button