Photo GalleriesSchool
E-sport: Nasionale kampioenskappe wag vir Parys-seuns
Op 10 Februarie het vyf seuns van Hoërskool Parys aan die MSSA (Mind Sport South Africa) skole-liga deelgeneem waar Hoërskool Parys ’n skitterende tweede plek verower het uit 14 skole landwyd. Hulle het daarna op 25 Februauarie by Northcliff High aan die MMSA Gauteng Leaugue of Lenges deelgeneem waar hulle ook tweede gekom het. Hiermee …

Op 10 Februarie het vyf seuns van Hoërskool Parys aan die MSSA (Mind Sport South Africa) skole-liga deelgeneem waar Hoërskool Parys ’n skitterende tweede plek verower het uit 14 skole landwyd. Hulle het daarna op 25 Februauarie by Northcliff High aan die MMSA Gauteng Leaugue of Lenges deelgeneem waar hulle ook tweede gekom het. Hiermee het hulle gekwalifiseer om aan die nasionale kampioenskappe op 2 en 3 Junie deel te neem. Hulle neem ook op 24 en 25 Maart deel aan die Noordwes-kampioenskappe. E-sport soos dit alom bekend is, is deesdae een van die gewildste sportsoorte. Ons hou hierdie leerlinge met belangstelling dop.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



