Parys se eerste rugbyspan wat vandag nog 'n oorwinning op die rugbyveld behaal het. Foto: Verskaf
Beide Hoërskool Parys se o15 en eerste rugbyspanne het vandag geseëvier teen Hoërskool Bekker in die semi-finale kragmeting vir vanjaar se Virseker Noordvaal-beker (Afdeling 4). Dit beteken dat albei hierdie spanne nou in die finaal sal speel wat op 15 Augustus beslis word.
Parys se o15’s het Hoërskool Bekker verslaan met ‘n eindtelling van 27-13 in Parys se guns.
Die eerste span-wedstryd is deur Parys gewen met ‘n telling van 25-22 in Parys se guns.
Die wedstryde is by Hoërskool Bekker in Magaliesburg gespeel.
‘n Trotse prestasie vir Parys om met twee van sy spanne in die Virseker Noordvaal-finaal te kan spog.
Hoërskool Parys se eerste span Valke LIga 4-kampioene, wat nou ook in die finaal van die Virseker Noordvaal-beker Afdeling 4 sal speel. . Foto: VerskafDie foto is vroeër van Parys se o15’s geneem. Foto: Verskaf
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.