Parys se eerstes sorg vir twee in ’n ry op die krieketveld
Parys se eerstes sorg vir twee in ’n ry op die krieketveld

Hoërskool Parys se eerste krieketspan het die afgelope naweek vir die tweede agtereenvolgende jaar die Vaaldriehoek-liga gewen. Dit na hul oorwinning teen Hoërskool Sasolburg se eerste krieketspan in die finaal. Parys het eerste gekolf en teken 241 lopies aan. Bennie Marais speel ‘n pragbeurt vir sy 117 lopies.
Sasolburg Hoër kon slegs reageer met 204 lopies en wen Parys die finaal met 37 lopies op Hoërskool Sasolburg se tuisveld.
Bennie Marais neem 3 paaltjies in sy 10 beurte vir slegs 36 lopies. Irri Ishmail neem ook 3 paaltjies in sy 10 beurte vir 44 lopies, en Hardus Scheepers neem 2 paaltjies in sy 6 beurte vir slegs 9 lopies.
Hoërskool Parys het die seisoen ook die volgende oorwinnings gehad:
Parys wen HTS Sasolburg met 535 lopies, Parys wen Overvaal met 152 lopies, Parys wen Drie Riviere met 7 paaltjies, Parys wen Afrikaanse H/S Sasolburg met 172 lopies.





