Parys-tennisklub se klubkampioenskappe is tussen 4 en 12 September gehou, en tennis van hoë gehalte is tydens dié kragmeting gesien. Daar was 16 inskrywings in die mans-afdeling, en slegs drie inskrywings in die dames-afdeling.
In die eindstryd vir mans het Tiaan Bell vir Andre van Tonder in ‘n harde tweestryd geklop om die titel in te palm. Natalie Rosslee het die damestitel verower. Elmarie van Wyk het die trofee vir die speler wat die beste vordering getoon het, ontvang.
Na afloop van die toernooi is daar nou ‘n rangleer opgestel en kan daar uitgedaag word om op die leer te kom. Nuwe spelers wat by die klub betrokke wil raak, is welkom om aan te sluit of die klub se gratis tennisklinieke Saterdagoggende by te woon
Vir navrae en meer inligting hieroor, kan Brian Colby by 060 482 5069 gekontak word.




