Hoërskool Parys se o.14 en o.15 rugbyspanne speel vandag in die kwartfinaal van die Noordvaal-liga (oud Beeld-trofee) teen Northern Academy in Polokwane. Die 0.14’s se wedstryd skop af om 09:00 en die o.15’s om 10:00
Die o.15’s na hul oorwinning verlede naweek in Fochville‘n Trotse oomblik vir Hoërskool Parys se o.14-rugbyspan nadat hulle hul wedstryd in die Valke-finaal vir Middel-skole gewen het. Dié span is ook vandag op die veld in aksie
Dit nadat beide spanne hul wedstryde verlede Saterdag teen Hoërskool Glenharvie gewen het. Die o.14’s se wentelling was 24-12 en die o.15’s wen 26-12.
Parys se eerste span moes egter die knie voor Hoërskool Bekker buig.
Parys se o.14’s is vroeër ook as die Valke Middelskole ligawenners aangewys.
Dit was ‘n ongelooflike rugbyseisoen vir die skool.
Die krieketproewe skop nou einde Augustus af met die Fezile Dabi dogters-proewe wat op Hoërskool Parys se sportvelde gehou word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.