Rugby se Goue Oues Saterdag in aksie vir groot rugbyfees
Hekke open Saterdag om 07:30 en is toeskouers baie welkom om 'n fees van rugby te kom geniet.
Saterdag gaan sorg vir groot rugby in Parys met oud en jonk wat op die rugbyveld gaan uitdraf vir die dorp se Oldies-rugbyfees wat vanjaar vir die tweede jaar agtereenvolgens gehou word.
Die dag skop af op Hoërskool Parys se rugbyvelde met die Future Griffons wat jong spelers die geleentheid gee vir blootstellling aan die spel.
Kinders vanaf 3 jaar tot o12 kan vooraf of op die dag inskryf. Om deel te neem WhatsApp jou kind se naam en ouderdom na 077 600 8145. Betaling vir deelname kan met kaart of kontant Saterdag by die pers Future Griffons gazebo gedoen word
Future Griffons-program

Almal is welkom. Trek gemaklik aan as jy wil deelneem.
Golden Oldies wys hul staal
Later die dag kom die goue oues aan die beurt wanneer die Hilbillies die Golden Eagles om 11:00 die stryd aansê.
Die Madalas speel teen Tendella – TWR om 12:00.
Om 13:00 skop Bethlehem se Ou Are af teen Old Bears.
Parys se Umfula Golden Oldies sluit die dag af met hul wedstryd om 14:00 teen die Welkom Legends.

Daar sal ‘n snoepie en verskeie kosstalletjies wees op die terrein, asook vermaak vir kinders en kompetisies met groot pryse wat gewen kan word.
Bring jou hele familie en jou vriende en kom geniet uithaler rugby by die fees wat beloof om ‘n gesinsdag soos min te wees.
Toegang kos R20 vir volwassenes en R10 vir kinders o12. Hekke maak oop om 07:30.
Vir navrae skakel 064 548 2367 of 082 356 5479.



