So hou die Info-kantoor jou ingelig
Die Parys Info-kantoor se Facebook-blad spog met 'n splinternuwe baadjie, en kan inwoners en besoekers aan die dorp gerus gaan kyk na die blad met die naam Parys Info & Tourism.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2023/01/Parys-Tourism-info-logo-780x470.jpg)
Op die blad sal jy alles en nog wat kry oor wat om te doen in Parys, akkommodasiefasiliteite, restaurante en diensverskaffers, en meer oor die dorp en sy mense. Inligting wat op die blad geplaas word is hoofsaaklik gefokus op toerisme.
Die blad is die enigste Facebook-blad van die Info-kantoor, en is nie verwant aan enige ander Facebook inligtingsblaaie nie.
Die Info-kantoor se webblad kan besoek word by www.parysinfoandtourism.co.za
Die Info-kantoor by die Impak-sentrum, Waterstraat 30, is Dinsdae tot Vrydae van 09:00-16:30 oop.
Saterdae – 09:00-13:00
Publieke vakansiedae: 09:00-13:00
Sondae en Maandae gesluit.
Hoe kontak jy Parys Info?
Tel. (056) 811 4000
Na-ure en met oorskakeling tydens beurtkrag – 067 278 2860 (slegs WhatsApp-boodskappe).